Komplot: Verwoerd moet dood
Komplot: Verwoerd moet dood deur André Krüger het in 2015 op Human & Rousseau se rakke verskyn.
Die Russiese intelligensiedienste beplan om Verwoerd te vermoor.
Hul kontak in Suid-Afrika is Thomas Jacobs, ’n Suid-Afrikaanse anargis wat in die Spaanse Burgeroorlog geveg het. Na die ontnugtering van die oorlog vestig Thomas hom naby Colesberg, ver van politieke knoeiery. Maar die politiek haal hom in. ’n Ou kameraad is na Colesberg oppad, waar hy sy eertydse vriend ’n laaste keer vir die saak wil werf …
“‘n Meevoerende, groots opgesette roman uit die era van die Koue Oorlog. Afrikaanse spannings- en spioenasieverhale sal nooit weer dieselfde wees nie.” – Kerneels Breytenbach
EAN: 9780798169714
Koop nou